Jordaan en Stefnie

16 Januarie 2027

JORDAAN & STEFNIE

KEURBOOM • KAMEELDRIFT • 14:30

—

Dae

—

Ure

—

Minute

—

Sekondes

RSVP

#SAAMGEANKER

Ware liefde besit nie; dit bou.Dit beperk nie; dit bevry.
Dit is nie net n gevoel nie, dit is n doelbewuste keuse van toewyding,om mekaar te bou sonder om mekaar af te breek.

Ons Storie

Jordaan en Stefnie — hand aan hand

"Ek dink ons is Compatable"

In 'n wêreld wat nooit stilstaan nie...

het ons mekaar op die mees eenvoudigste manier gevind — as vriende.

Ons het mekaar al van skooldae af geken. Daar was ’n stadium wat ons kortliks meer as net vriende was, maar die tyd was nog nie reg nie. Ons het weer ons eie paadjies gestap, maar nooit heeltemal uit mekaar se lewens verdwyn nie.

Deur die jare het ons in kontak gebly — lang boodskappe, gedeelde gedagtes & ’n vriendskap wat stilweg gegroei het sonder verwagting.

Op ’n stadium het Jordaan iets eenvoudig maar betekenisvol gesê:
“Ek dink ons is compatable”
Iets wat diep getref het. Dit was 'real' — nagedink, ernstig en waar! Nie gegrond in vurige emosie nie, maar in waarheid en egte potensiaal.

Daar was ’n stil begrip tussen ons: As enige een van ons sou voel dat ons onsself moet onderdruk, of dat ons nie werklik gelukkig is nie, sou ons eerder terugtree na vriendskap.

Wat gevolg het, was nie ’n oorweldigende, tipiese liefdesverhaal nie. Dit was twee mense wat die idee van 'compatability' ’n kans gegee het. Ons het mekaar opnuut leer ken — iets besonders het begin groei.

Jordaan en Stefnie saam

Wat as vriendskap begin het, het gegroei tot ware, onherroeplike liefde.

Waar daar eers net sekerheid was, het daar later ook opwinding gekom.

Waar daar eers net vriendskap was, het liefde begin vorm aanneem.

En sonder dat ons dit geforseer het, het ons onafskeidbaar geword. Nou, vier jaar later, staan ons op ’n plek waar ons nie net mekaar kies nie — maar mekaar verstaan.

Ons glo dat God ons op presies die regte tyd weer saamgebring het. Nie net om mekaar dieper te leer ken nie, maar om saam iets te bou.

Wat as vriendskap begin het, het gegroei tot ware, onherroeplike liefde.

Ons leer mekaar elke dag beter verstaan.
Ons daag mekaar uit.
Ons ondersteun mekaar.
Ons genees mekaar op maniere wat ons nie eens altyd kan verwoord nie.

Jordaan en Stefnie saam

"Met rus in ons harte, kies ons mekaar met die wete dat hierdie liefde nie net 'n gevoel is nie, maar gebou is."

Ons kies mekaar uit oortuiging en begrip.

Ons weet dat ware liefde nie beteken dat alles altyd maklik gaan wees nie, maar dat ons bereid is om saam deur alles te stap- Met God as ons fondament, liefde as ons belofte en geloof as ons kompas.

Wat deur afstand getoets is, het deur vertroue sterker geword. En wat God op Sy tyd saamgebring het, wil ons met Sy genade vir n leeftyd koester.

Ons gebed is nie vir n perfekte lewe sonder uitdagings nie, maar vir n huwelik waarin God altyd eerste sal staan.
’n Huis vol liefde.
’n Lewe vol dankbaarheid.
’n Vriendskap wat nooit ophou groei nie.
En twee harte wat mekaar daagliks, opnuut kies.




Mag die samekoms van ons individuele familie en vriende, op die dag wat ons die besonderse besluit n realiteit maak, net so mooi en beteknisvol wees soos ons belofte aan mekaar.

"Want vir ons is hierdie dag nie net ons s’n nie."



Mag ons familie en vriende n eenheid in ons gemeenskap word.
Mag die bande tussen ons families en vriende versterk word,

sodat ons saam kan aanmoedig,
saam kan ondersteun
en saam kan help bou
aan ’n gemeenskap waarin elkeen ’n plek het.
Waar mense wat mekaar leer ken, mekaar verwelkom en saam groei tot een groter gemeenskap, geanker in liefde, geloof en wedersydse ondersteuning.

Dit is die begin van ’n lewe waarin ons nie net mekaar kies nie, maar ook die gemeenskap waarin ons, ons gesin wil bou.

’n Driedubbele tou wat nie maklik verbreek word nie & n gemeenskap wat saam aan Rome bou.


Hebreërs 10:24–25

STILTE

Die Dag

16 Januarie 2027

“Vandag vier ons nie net die begin van ons huwelik nie, maar ook die kosbare mense met wie ons hierdie nuwe hoofstuk wil deel.”



14:30

Gaste arriveer

14:30 vir 15:00

16:00

Bevestiging van die huwelik

16:00–16:35

16:40

Foto's & happies

Gesellige tyd vir foto's en drankies

19:00

Ontvangs

Die aandprogram begin

±20:00

Ete

Ongeveer 20:00

Laat

Dansvloer

#SAAMGEANKER

Belangrik vir die dag

Swembad

Daar is ’n swembad by die venue. Kinders is welkom om te swem, maar moet te alle tye deur ’n volwassene vergesel en onder toesig wees.

Geen kontantkroeg

Daar is geen kontantkroeg by die venue nie. Bring asseblief jou eie koeler, ys en drankies saam vir die dag.

Plekhouer — Venue foto

Keurbooms Function Hire •Kameeldrift East

Op Moloto Pad ry 4.7 km.
Kyk vir Polisie Stasie links van pad.
Draai links(by Polisie stasie) in Tambotie str - ry vir 500m.
Draai regs in Sekelbos str , ry vir 800m.
Draai Regs in Raasblaar str, ry vir 190m.
Keurboom Sal Links wees.

118 Raasblaar Street, Kameeldrift Oos

Daar is veilige parkering

Kry aanwysings
VREDE

Kleredrag

Semi-formeel

Sag • Neutraal • Elegant

Daar is geen verpligte palet of spesifieke styl wat julle hoef te volg nie.
Dra waarin jy gemaklik voel, skaflik en elegant lyk.

RSVP

’n Driedubbele tou & ’n gemeenskap wat saam aan Rome bou.
Vir ons beteken n huwelik meer as net ’n belofte tussen twee mense- dit is n samesmelting van twee families en ons vriende.
Daarom nooi ons julle, om saam met ons in verbintenis te tree en om die lewenspad saam met ons, in liefde, ondersteuning en aanmoediging te stap.
Hebreërs 10:24-25

Plekhouer — Fotografiese tussenspel GEANKER
Plekhouer — Herinneringe foto

Deel jou herinneringe

Ons fotograwe vang die amptelike oomblikke vas, maar ons wil ook graag die klein, onverwagse oomblikke van julle dag sien. Deel gerus jou foto's met ons!

Laai jou foto's op

Click op die knoppie hierbo om jou fotos met ons en die gaste te deel op n gedeelde google drive.






Stukkies van Ons

Verlowing foto's, Danabaai.

Geskenke

Geskenkregister

Ons geskenkregister sal binnekort hier beskikbaar wees.

Wittebroodbydrae

Indien jy graag tot ons wittebrood wil bydra, vra gerus vir Jordaan of Stefnie vir bankbesonderhede.

Waar om te bly

Ons beveel aan dat gaste vroeg bespreek, aangesien akkommodasie beperk kan wees.

Plekhouer — Akkommodasie 1

Bushmans Rock Country Lodge

Afstand vanaf venue--3.1km (6min)

R2800 UNIT RATE (FOR 2 ADULTS AND 2 CHILDREN ONLY) Breakfast additional from R180 per person

Bespreek
Plekhouer — Akkommodasie 2

Kievits Kroon Gauteng Wine Estate

Afstand vanaf venue--5km (10min)

R3 443 Standard Double/Twin room (2 Adults)

Bespreek
Charming rustic wooden cabin with porch in serene outdoor setting; ideal for nature retreats.

Premier Hotel Roodevalley

Afstand vanaf venue--6.3km (11min)

From R1 867-R2 411 (2 Adults)

Bespreek
Elegant wooden arched doorway surrounded by lush monstera plants, creating a tranquil tropical entrance.

The Blades

afstand vanaf venue--7km (13min)

R2 348 (2 Adults) B&B

Hou die datum oop

Kitchen Tea & Manne Braai

5 Desember 2026

Alle gaste wat na die troue genooi is, is hartlik welkom om saam met ons hierdie spesiale dag te vier.

Die ligging en verdere besonderhede sal later deurgegee word.

Moontlike Vrae

14:30 vir 15:00.

Keurboom Function venue Hire. Nee daar is geen Grondpad as U die direksies volg.

By die venue, parkering is verniet.

Semi-Formeel.

Ja, kinders is welkom. Daar is ’n swembad by die venue, maar kinders moet te alle tye deur ’n volwassene vergesel en onder toesig wees wanneer hulle swem.

Nee, daar is geen kontantkroeg by die venue nie. Bring asseblief jou eie koeler, ys en drankies saam vir die dag.

Bespreek asseblief met die Bruidspaar.

Voor of Op 16 November 2026. Let asseblief dat kanselasies van RSVP minstens 26 Desember 2026 gedoen moet word. Enige RSVP wat nie nagekom word na die 26ste Desember nie, sal U die rekening verskuldig wees.

Akkomodasie opsies is gelys.

Ja , asseblief. Ons alby is mal oor fotos en sal dit hartlik wardeer as almal hul fotos met ons deel. ( scan die QR of click op die knoppie by "deel fotos" afdeling )

Dan Trou ons in die reen. Ons soek graag n Bos troue, dus as dit sal begin reen sal die troue voortaan. die onthaal is wel onder dak.

Julle is welkom om vir Jordaan of Stefnie te kontak. Stefnie mag dalk vinniger antwoord as Jordaan.

```html

Die Huwelik is 'n Heilige Verbond

'n Christelike huwelik is soveel meer as net 'n belofte tussen twee mense; dit is 'n heilige driehoek tussen man, vrou en God. Wanneer God die middelpunt van hulle huis is, is daar niks om te vrees nie.

Die Kernbeginsels van 'n Geseënde Huwelik

Liefde as 'n Wilsdaad

Ware liefde in die huwelik is nie net 'n verbygaande gevoel van verliefdheid nie, maar 'n daaglikse besluit om mekaar te respekteer, te ondersteun en te koester – selfs op die moeilike dae.

Onvoorwaardelike Vergifnis

Net soos Christus ons foute vergewe en met genade oordek, moet man en vrou gereed wees om mekaar vryelik te vergewe sonder om ou koeie uit die sloot te grawe (Kolossense 3:13).

Openhartige Kommunikasie

Praat gereeld, eerlik en met liefde met mekaar. Luister vinnig en praat rustig (Jakobus 1:19) om diep emosionele eenheid te bou.

Pret en Vriendskap

Christelike huwelike is nie vervelig nie! Geniet die lewe saam, lag baie en maak tyd vir mekaar. Prediker 9:9 herinner ons: "Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet."

Geestelike Eenheid

Bid saam, deel julle drome en vra altyd eers na God se wil wanneer julle besluite neem.

Mag ons huwelik altyd 'n weerspieëling wees van Christus se liefde en genade, 'n veilige hawe van vrede, en 'n plek waar ons mekaar daagliks opbou.

'n Driedubbele tou breek nie maklik nie.

Jordaan en Stefnie ONHERROEPBAAR

Help ons die dansvloer vol kry

Watter liedjie kry jou op die dansvloer? Laat weet ons en ons sal sorg dat die musiek reg is.